top of page



‘n Winterstorm in Amerika eis die lewe van talle mense
Minstens 20 mense is oorlede in ‘n groot storm wat dele van Amerika tref. Duisende mense sit ook sonder krag. Volgens BBC News is sterftes aangemeld in onder andere New York, Tennessee, Louisiana en Texas, waar 'n 16-jarige meisie in 'n slee-ongeluk oorlede is. Meer as 10 000 vlugte is gekanselleer en skole en paaie regoor die land is gesluit. Hierdie storm was selfs vir Kanada ‘n skok met die Pearson-lughawe in Toronto wat die naweek rekordbrekende sneeuval gesien het. FOTO

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 27


‘n Spesiale skool in die metro se dakke waai af
‘n Spesiale skool in die Mangaung Metro Munisipaliteit, wat voorsiening maak vir 384 leerders met ernstige intellektuele gestremdhede, insluitend 44 outistiese leerders, het aansienlike skade gely. Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse onderwysdepartement is die Boitumelong Spesiale Skool in Thaba Nchu, erg geraak toe ‘n storm agt klaskamers se dakke afgewaai het. Sinkpate is oor die perseel en aangrensende gebiede versprei. ‘n Onderwyser is beseer toe ‘n plafon geval

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 25, 2025


‘n Storm rig groot skade in die Oos-Vrystaat aan
Inwoners is nog besig met skadeberaming na ‘n storm groot skade aan eiendom aan die Oos-Vrystaatse dorp Rosendal aangerig het. Netwerk24 berig die donderstorm het voor die naweek ongeveer 10 huise beskadig en vier huise se dakke heeltemal afgewaai. Daar is gelukkig geen beserings aangemeld nie. Inwoners van die dorp sê hulle het nog nooit so ‘n erge storm ervaar nie. Sommige meen dit was ‘n tornado wat deur die dorp beweeg het. Daar het die afgelope naweek ook swaar hael in

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 4, 2025
bottom of page

