top of page



N3-sertifikate gaan nie meer uitgereik word nie
Die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi, het bevestig dat hulle nie meer nuwe N3-sertifikate sal uitreik nie. Volgens die uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sal die organisasie voortgaan om waar nodig bestaande sertifikate te vervang. Hy verseker die publiek dat alle voorheen uitgereikte N3-sertifikate geldig bly en dat dit steeds vir indiensneming gebruik kan word. FOTO: Umalusi

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 10


Leerders se matriekuitslae word teruggehou
Uitslae van die leerders wat by die beweerde onreëlmatighede in die 2025-matriekeksamens betrokke is, sal teruggehou word. Dit volgens die Raad vir Gehalteversekering in Algemene en Verdere Onderwys en Opleiding, Umalusi. Die raad se voorsitter, professor Yunus Ballim, sê die uitvoerende komitee het die besluit om die betrokke uitslae terug te te hou onderskryf na ‘n ondersoek na die uitlek van drie eksamenvraestelle. Die aanvanklike aantal leerders wat bevind is dat hulle

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 9


Duisende kandidate skryf hierdie jaar matriek-eindeksamen
Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) het bekend gemaak dat altesaam 790 144 matrieks geregistreer is om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaateksamen af te lê. Net minder as 17 500 van hierdie kandidate is deur die onafhanklike eksamenraad geregistreer. Daar is ook ʼn groot aantal kandidate wat ouer is of weer skryf om hul punte te verbeter, wat die totale aantal kandidate op 903 561 bring wat die eindeksamen aflê. Umalusi het van 11 Augustus tot die

Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15, 2025
bottom of page

