Duisende kandidate skryf hierdie jaar matriek-eindeksamen
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 15
- 1 min read
Die Raad vir Gehalteversekering in die Onderwys (Umalusi) het bekend gemaak dat altesaam 790 144 matrieks geregistreer is om hierdie jaar die Nasionale Seniorsertifikaateksamen af te lê.
Net minder as 17 500 van hierdie kandidate is deur die onafhanklike eksamenraad geregistreer. Daar is ook ʼn groot aantal kandidate wat ouer is of weer skryf om hul punte te verbeter, wat die totale aantal kandidate op 903 561 bring wat die eindeksamen aflê.
Umalusi het van 11 Augustus tot die begin van Oktober ’n oudit voltooi om te bepaal of verskeie instansies gereed is vir die eindeksamen en sal binnekort sy volledige verslag bekend stel.






Comments