top of page



Die Vrystaatse Valke teiken klerevervaarders
Die Valke in die Vrystaat het gister ‘n operasie uitgevoer wat ses klerevervaardigingsfabrieke geteiken het. Dit volg nadat die Nasionale Bedingingsraad vir die Klerevervaardigingsbedryf ses fabrieke vir moontlike nie-nakoming geïdentifiseer het. Die Valke het ‘n 47-jarige fabriekseienaar in hegtenis geneem vir beweerde onwettige besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die fabriekseienaar is gevind met materiaal wat gebruik word om die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag-unifo

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 27, 2025


Twee mans is vir bankbedrog gevonnis
Die Bloemfontein-streekshof het twee mans vir Standard Bank- en Wesbank-bedrog ter waarde van R7 miljoen gevonnis. Glen Crouch is skuldig bevind op 19 aanklagte van bedrog en tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is. Cornelius Botha is skuldig bevind op twee aanklagte van geldwassery en tot twee jaar gevangenisstraf gevonnis, wat volledig vir vyf jaar opgeskort is, en ‘n verdere 36 maande korrektiewe toesig. Die beskuldigdes is deel va

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 18, 2025


Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat moet na vore kom
Slagoffers van behuisingsbedrog in die Vrystaat word deur die Valke versoek om na vore te kom. ’n Bethlehem-gebaseerde makelaarsmaatskappy, Blue Key Properties, het glo voornemende huiskopers gelok deur advertensies in ‘n plaaslike koerant. Wanneer mense belangstelling getoon het om te koop, is slagoffers na huise in Bethlehem en Phuthaditjhaba geneem vir besigtiging. Die mense het daarna ‘n aanbod om te koop geteken en geld in die bankrekeninge van die beskuldigdes gedepone

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 3, 2025
bottom of page

