top of page



'n Ontbinde liggaam is in die Vrystaat gevind
Die ontbinde liggaam van 'n halfnaakte vrou is naby Welkom in die Vrystaat gevind. Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê in 'n verklaring 'n saak van moord en moontlik verkragting word ondersoek. Die polisie is op 8 November na 'n veld naby Sandania ontbied, waar die vrou se liggaam gevind is. Die vrou is vermoedelik in haar laat 20s, met 'n tattoeërmerk op haar linkerbors. Die motief vir die beweerde moord is onbekend, en die ondersoek duur voort. Ter illustrasie.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 13, 2025


‘n Bejaarde Vrystater se vermeende aanranders is weer Desember in die hof
Die hofdatum vir die beweerde aanranding van ‘n brose 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is vasgestel. Volgens Vista sal die verhoor op 8 Desember in die Welkom-streekhof begin. Die hof het vandag gehoor dat die ondersoeke afgehandel is, en dat die staat gereed is om voort te gaan. Aanklagte teen die beskuldigdes sluit poging tot moord, marteling, mishandeling, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ontvoering in. Die 64-jarige

Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 7, 2025


‘n Vrystaat-student is tydens klas oorlede
Alle akademiese aktiwiteite is Dinsdag by die Welkomkampus van die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie, na die dood van ‘n...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Sep 30, 2025
bottom of page

