‘n Bejaarde Vrystater se vermeende aanranders is weer Desember in die hof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 7, 2025
- 1 min read
Die hofdatum vir die beweerde aanranding van ‘n brose 81-jarige slagoffer by ‘n ouetehuis in Welkom, is vasgestel.
Volgens Vista sal die verhoor op 8 Desember in die Welkom-streekhof begin.
Die hof het vandag gehoor dat die ondersoeke afgehandel is, en dat die staat gereed is om voort te gaan.
Aanklagte teen die beskuldigdes sluit poging tot moord, marteling, mishandeling, aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, asook ontvoering in.
Die 64-jarige Lynette Brummer, is borgtog van R5 000 en die ander verdagtes R1 000 elk toegestaan.
Die borgtogvoorwaardes bly van krag en is verleng.







Comments