top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Aaklagte van bedrog teen Cholota word teruggetrek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 27, 2025
1 min read

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) staar nog ‘n verleentheid in die gesig na aanklagte van bedrog teen oud Vrystaatse premier Ace Magashule se voormalige persoonlike assistant Moroadi Cholota, teruggetrek word. Central News berig hierdie verwikkeling het nuwe vrae laat ontstaan ​​oor die NVG se vermoë om komplekse korrupsiesake te hanteer, veral omdat die Vrystaatse hooggeregshof in Bloemfontein voorberei vir ’n deurslaggewende uitspraak op 3 Junie 2025. Oor die jare het die NVG kritiek in die gesig gestaar vir die hantering van korrupsiesake waarby politieke swaargewigte betrokke is, soos oudpresident Jacob Zuma en die Gupta-familie se Estina Dairy Farm-skandaal. Die jongste flater in die asbessaak het net olie op die vuur gegooi, met kritici wat aanvoer dat die NVG nie die hulpbronne en kundigheid het om komplekse korrupsieverhore aan te pak nie.

 
 
 

Comments


bottom of page