Aansoeke vir spesiale stemme open binnekort
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Kiesers word aangemoedig om betyds vir 'n spesiale stem in vanjaar se plaaslike regeringsverkiesing aansoek te doen.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, oftewel die OVK, sê spesiale stemme sal op 2 en 3 November uitgebring word.
Volgens die OVK sal spesiale stemme vir alle stemgeregtigde kiesers beskikbaar wees.
Mense wat weens siekte of 'n gestremdheid nie na 'n stemlokaal kan gaan nie, kan ook vir 'n spesiale stem aansoek doen. Aansoeke open op 12 September en sluit in Oktober.








Comments