Aarto se implementering is glo weer uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 23
- 1 min read
Die implementering van die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersoortredings, beter bekend as Aarto, is glo weer uitgestel.
Die Padverkeersoortredingsagentskap het in Oktober verlede jaar aangedui dat hulle gereed was om die omstrede verkeersboetebestuurstelsel in Desember in werking te stel, maar die datum is later tot 1 Julie 2026 geskuif.
Berigte dui nou daarop dat die agentskap weens die gevolge van beweerde buitensporige besteding onder druk is, en moontlik private ondersteuning benodig om Aarto te implementeer.
Intussen berig Sunday Times die uitkontraktering van die projek aan die private sektor deur middel van ’n tender kan die koste met sowat R1,2-miljard verhoog.







Comments