Magashule se asbeskorrupsiesaak is uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 27
- 1 min read
Die asbeskorrupsiesaak van R255 miljoen teen die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, en 16 ander is tot 2 Maart uitgestel.
eNCA berig Magashule en sy medebeskuldigdes het vlugtig in die hooggeregshof in Bloemfontein verskyn.
Die uitstel kom na ‘n hof beslissing oor Magashule se voormalige persoonlike assistent, Moroadi Cholota.
Die hooggeregshof het beslis dat hoewel haar uitleweringsproses gebrekkig was, dit nie die strafregtelike verrigtinge teen Cholota ongeldig maak nie.
Dié hof moet nou oor Cholota se spesiale pleidooi beslis.
Die saak is tot 3 Februarie vir verdere argumente uitgestel, waarna hulle op 18 Februarie ‘n nuwe uitspraak sal lewer.







Comments