ActionSA is verontwaardig oor Vrystaatse sonpaneeltenders
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 27, 2025
- 1 min read
ActionSA in die Vrystaat sê hulle is verontwaardig dat die Matjhabeng-munisipaliteit na bewering ‘n sonpaneeltender ter waarde van R15 miljoen aan Mojalefa Buti toegeken het.
Die party sê die tender is toegeken onder omstandighede wat ernstige vrae oor deursigtigheid, bestuur en verantwoordbaarheid laat ontstaan.
ActionSA se Patricia Kopane sê die party sal aan die Ouditeur-Generaal, die Openbare Beskermer en die LUR vir Samewerkende Bestuur en Tradisionele Sake in die Vrystaat skryf om ‘n volledige ondersoek na hierdie tender te eis.
Kopane sê hulle eis verder dat alle tenders in Matjhabeng onmiddellik gestaak en hersien word.
LUISTER:






Comments