top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Meer dialoog is nodig om die bande tussen Suid-Afrika en die VSA te herstel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
2 hours ago
1 min read

Suid-Afrika se ambassadeur in die Verenigde State (VSA), Roelf Meyer, sê slegs dialoog kan die land se gespanne diplomatieke betrekkinge met Amerika verbeter.


Die VSA het onlangs visumbeperkings vir sekere Suid-Afrikaners aangekondig weens beleid wat verband hou met grondonteiening sonder vergoeding.


Meyer sê daar was baie wanvoorstellings oor Suid-Afrika, sy wette en die beleid wat transformasie reguleer.


Hy voeg by die bilaterale bande tussen die twee lande kan slegs deur meer dialoog herstel word, waar albei kante mekaar as gelyke vennote betrek.


SA USA. FOTO: AI
SA USA. FOTO: AI

 
 
 

Comments


bottom of page