Gesondheidsorgbefondsers vra hervorming om mediese koste te beperk

Die Raad van Gesondheidsorgbefondsers het die Raad op Mediese Skemas gevra om strukturele hervormings in die private gesondheidsorgstelsel deur te voer om die koste van mediese sorg beter te beheer.
Die versoek volg nadat die Raad op Mediese Skemas aanbeveel het dat verhogings in medieseskemabydraes vir 2027 op drie-komma-agt persent beperk word.
Die besturende direkteur van die Raad van Gesondheidsorgbefondsers, dokter Katlego Mothudi, sê laer premie-verhogings alleen sal nie die probleem van stygende gesondheidsorgkoste oplos nie.
Volgens hom kan medieseskemabydraes slegs volhoubaar bekostigbaar bly indien die onderliggende koste van behandeling, hospitaaldienste, medisyne en ander gesondheidsorgdienste ook aangespreek word.
Die organisasie voer aan dat hervormings nodig is om groter doeltreffendheid, beter kostebeheer en meer waarde vir lede te verseker.
Die debat kom te midde van toenemende druk op huishoudelike begrotings en kommer oor die bekostigbaarheid van private gesondheidsorg in Suid-Afrika.








Comments