ActionSA verwelkom die hofuitspraak wat Mettler se skorsing verbied
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 2
- 1 min read
ActionSA het die uitspraak van die Gautengse Hooggeregshof verwelkom wat die skorsing van Tshwane se munisipale bestuurder Johann Mettler verbied het.
Die Tshwane-raad het verlede maand tydens ’n vergadering gestem om Mettler op voorsorgskorsing te plaas.
Die hof het bevind dat die speaker, Mncedi Ndzwanana, onwettig opgetree het deur die stemme van 13 DA-raadslede uit te sluit.
ActionSA se Michael Beaumont sê die party het Mettler se skorsing teengestaan.
Hy voeg by hoewel die party die uitspraak verwelkom, moes dit nooit in die eerste plek nodig gewees het nie.








Comments