top of page




Geen wateronderbrekings word verwag tydens die Roderick-reservoir se skoonmaak nie
Mangaung-inwoners in Estoire, Tienie Visser en omliggende gebiede word gevra om Dinsdag water spaarsamig te gebruik terwyl die Roderick-reservoir skoongemaak word. Die Mangaung-metro sê die reservoir sal op 22 September ’n 24-uur-skoonmaakproses ondergaan. Volgens die metro word geen wateronderbrekings tydens die proses verwag nie. Inwoners word egter aangemoedig om hul waterverbruik sover moontlik te beperk terwyl die werk voortduur. Die munisipaliteit het inwoners om versko

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


'n SA joernalis word vermoedelik in Djiboeti aangehou
Die Suid-Afrikaanse ondersoekende joernalis Micah Reddy, wat as vermis in Djiboeti aangemeld is, word vermoedelik deur die land se owerhede aangehou. Volgens die Internasionale Konsortium van Ondersoekende Joernaliste, die ICIJ, is Reddy moontlik in hegtenis geneem omdat hy nie die nodige media-akkreditasie bekom het nie. Die plaaslike joernalis Mohamed Willo Ismael, ook bekend as Kooki Mahmoud, word glo saam met hom aangehou. Reddy het Donderdag in Djiboeti aangekom vir ’n..

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Padagentskap moet kontrak van omstrede sakeman se maatskappy ondersoek
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap gelas om ondersoek in te stel na ’n maatskappy wat met die sakeman Lawrence Mudzinganyama verbind word. ’n Video waarin gesien kan word hoe Mudzinganyama vroue by ’n restaurant in Sandton dreig, het onlangs op sosiale media versprei en openbare kommer ontlok. Creecy wil hê die padagentskap se raad moet ondersoek instel na die omstandighede rondom die aanstelling van Moriel Infrastructure

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


TUT maak geskiedenis met sonkragmotor in uithourit
Die Tshwane Universiteit van Tegnologie, oftewel TUT, het die naweek geskiedenis gemaak deur die 2026 Sasol Solar Challenge met sy sonkragmotor, SunChaser 4, te wen. Netwerk24 berig die span het die meer as 2 300 kilometer lange roete van Sasolburg tot in die Wes-Kaap suksesvol voltooi en die Challenger-klas gewen, en ook die enigste span wat die 2000 km-kerf bereik het. Die uithourit het oor agt dae gestrek en deelnemers se ingenieursvernuf, energie-bestuur en die betroubaar

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Suikerboere eis groter steun vir hulle plaaslike produk
Suid-Afrikaanse suikerrietboere het kleinhandelaars en voedselvervaardigers skerp gekritiseer oor die gebruik van ingevoerde suiker terwyl ondernemings steeds beweer dat hulle plaaslike produkte ondersteun. Voglens Maroela Media sê SA Canegrowers “plaaslik” behoort te beteken dat suiker in Suid-Afrika verbou én vervaardig is, en nie bloot dat ingevoerde suiker plaaslik verpak of versprei word nie. Die organisasie doen ’n beroep op ondernemings om hul verbintenisse ingevolge d

Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 21


Ramokgopa wil die speelveld tussen Eskom en private kragopwekkers gelyk maak
Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, wil die speelveld tussen Eskom en private kragopwekkers gelyk maak. Volgens ’n berig deur Maroela Media sê Ramokgopa Eskom moet beter toegerus word om in ’n meer mededingende elektrisiteitsmark teen private ondernemings mee te ding. Ramokgopa het glo voorgestel dat Eskom van sekere beperkings ingevolge die Wet op Openbare Finansiële Bestuur, of PFMA, vrygestel word. Hy wil ook hê private kragprodusente moet aan die

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


SARB het amptelik twee nuwe R2-muntstukke bekendgestel
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het amptelik twee nuwe R2-muntstukke bekendgestel om die nalatenskap van Charlotte Maxeke en die vroue wat die 1956-Vroue-optog gelei en daaraan deelgeneem het, te herdenk en te vier. Die muntstuk met Charlotte Maxeke se profiel vier haar prestasie om 125 jaar gelede die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou te word wat ‘n universiteitsgraad verwerf het. Sprekers by die bekendstelling het die belangrikheid beklemtoon van die erkenning en her

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Klimaatkundiges waarsku dat ’n buitengewoon sterk El Niño vir Suid-Afrika se somerreëngebied kan voorlê
Klimaatkundiges waarsku dat ’n buitengewoon sterk El Niño Suid-Afrika se somerreëngebied met warmer en droër toestande kan tref, met moontlike gevolge vir landbou en voedselpryse. Die Vrystaat, met sy groot graan- en veeproduksie, kan onder meer deur sulke toestande geraak word. Vir produsente in die Bloemfontein-omgewing kan minder reën druk op weiding en waterbronne plaas, terwyl graanboere met laer opbrengste kan sukkel. Boere kan in ’n ernstige droogte gedwing word om duu

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Chikunga ontken 'n taxibaas se bewerings
Die voormalige minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het bewerings wat deur taxibaas Joe Sibanyoni Vrydag voor die Madlanga-kommissie gemaak is, verwerp. Chikunga sê sy het Sibanyoni slegs een keer tydens haar ampstermyn ontmoet, nadat hy ‘n vergadering versoek het oor ‘n operasionele grief rakende sy taxi’s. Sy ontken dat sy geweet het van verdeelde lojaliteite in die Departement van Vervoer. Chikunga sê sy respekteer die kommissie en wil hê dat die waarheid deur ‘n bill

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Werner Human is aangestel as die nuwe AfriForum-hoof
Werner Human begin ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan by AfriForum. Volgens ’n berig deur Maroela Media is Human, wat voorheen as AfriForum se adjunkhoof uitvoerende beampte gedien het, aangestel as die organisasie se nuwe hoof uitvoerende beampte Human neem die pos oor by Kallie Kriel, wat ná twee dekades as AfriForum se uitvoerende hoof uit dié rol tree. Die verandering vorm deel van ’n nuwe seisoen vir die burgerregte-organisasie, wat volgens die berig voortgaan met sy fokus

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


’n Ontbinde liggaam is in die Happy Valley-gebied in Bloemfontein gevind
’n Ontbinde liggaam is gisteroggend in die Happy Valley-gebied in Bloemfontein gevind. Volgens Pro-Force Security het hulle ’n oproep van ’n kliënt ontvang nadat die persoon en inwoners in die omgewing glo vir etlike dae ’n onaangename reuk opgemerk het. Die kliënt het glo ondersoek ingestel, waarna sekuriteitspersoneel na die gebied ontbied is. Met hul aankoms het hulle die liggaam gevind. Pro-Force Security het die toneel onmiddellik beveilig en toegang beperk om te verseke

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 30


Steenkool sal steeds deel van Suid-Afrika se energieportefeulje bly
Steenkool sal steeds deel van Suid-Afrika se energieportefeulje bly terwyl die land sy Regverdige Energie-oorgang aanpak. Dit is volgens president Cyril Ramaphosa. Hy het die Ummbila Emoyeni-windplaas in Bethal, Mpumalanga, amptelik geopen. Die windplaas dui op ’n verskuiwing na groener energiebronne, en het meer as eenduisend plaaslike werksgeleenthede geskep. Die windplaas se aanvanklike opwekkingsvermoë van 155 megawatt vorm deel van ’n groter 900-megawatt-hernubare-energi

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Suid-Afrikaners sny besteding te midde van skulddruk
’n Old Mutual-verslag dui aan dat Suid-Afrikaners steeds besteding sny deur hul TV-stroomdienste af te gradeer en goedkoper aankope te maak. Volgens die 2026 Savings and Investment Monitor-verslag het 29% van die respondente ’n TV-stroomdiens afgegradeer. Intussen het 27% oorgeskakel na goedkoper supermarkprodukte, en 24% het oorgeskakel na ’n goedkoper selfoon- of dataplan. Volgens die verslag het skulddruk die finansiële buigsaamheid van werkende Suid-Afrikaners benadeel. O

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die VF Plus voer reddingsgesprekke oor die toekoms van die Tulbagh-inmaakfabriek
Die VF Plus het reddingsgesprekke begin nadat Premier Foods aangekondig het dat sy Tulbagh-inmaakfabriek nie die komende vrugteseisoen vrugte sal verwerk nie. Volgens Maroela Media wek die besluit groot kommer onder vrugteboere, werkers en die breër gemeenskap wat op die fabriek vir inkomste en werksgeleenthede staatmaak. Die VF Plus sê hy is reeds in gesprek met rolspelers in die landbou- en voedselbedryf om moontlike oplossings te ondersoek wat die fabriek of dele van sy be

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die OVK het ’n laaste beroep op stemgeregtigdes gedoen om te registreer
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ’n laaste beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om te registreer om te stem voor die plaaslike regeringsverkiesing. Byna 24-duisend registrasiepunte is landwyd oop en sal Sondag om vyfuur sluit, wat kiesers ’n laaste kans bied om te registreer óf hul besonderhede op te dateer. Meer as drie miljoen registrasies is aangeteken tydens die eerste kieserregistrasie-naweek in Junie. Die OVK sê daar sal geen verdere geleenthei

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die DA vra 'n dringende ondersoek na die oordrag van die Parlement se herbouprojek
Die DA eis 'n dringende parlementêre ondersoek na die besluit om die herbouprojek van die Nasionale Vergadering aan die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika oor te dra. Volgens Maroela Media volg die oproep nadat die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, aangekondig het dat sy departement geen bewyse kon vind dat die herbouprojek wettiglik aan die parlement oorgedra is nie. Die DA sê die besluit wek ernstige kommer oor deursigtigheid, aanspreeklikheid

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Eskom het beplande onderhoud in kieserregistrasiesentrum-gebiede tydelik opgeskort
Eskom het beplande onderhoud in gebiede wat as kieserregistrasiesentrums geïdentifiseer is, tydelik opgeskort om betroubare elektrisiteitsvoorsiening hierdie naweek te verseker. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie hou vandag sy laaste kieserregistrasieveldtog regoor die land voor die plaaslike regeringsverkiesings. Volgens Eskom sal die tydelike opskorting help om ontwrigtings te verminder en die gladde werking van registrasiepunte te ondersteun. Die kragvoorsiener sê onond

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Ramaphosa sal nie kommentaar lewer oor ontwikkelinge by die Madlanga-kommissie nie
President Cyril Ramaphosa sê hy sal eers kommentaar lewer oor die Madlanga-kommissie van ondersoek wanneer die kommissie sy finale verslag voltooi en aan hom oorhandig het. Die president sê dit sal onvanpas wees om op individuele getuienis of ontwikkelings te reageer terwyl die ondersoek nog aan die gang is. Sy uitlatings volg nadat onlangse getuienis voor die kommissie gefokus het op beweerde bestuursmislukkings binne die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. Ramaphosa beklem

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Chikunga het vrouemaand in Durban geloots
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het Saterdag amptelik Vrouemaand in Durban in KwaZulu-Natal geloods. Dit kom terwyl Suid-Afrika voorberei om die 70ste herdenking van die 1956 Vroue-optog op 9 Augustus te vier, wat die vroue vereer wat vir geslagsgelykheid en sosiale geregtigheid geveg het. Die bekendstelling het die EmpowerHer-markhandelskou ingesluit, waar ondernemings in vrouebesit hul produkte en dienste uitgestal het. Chikunga

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


ActionSA verwelkom die hofuitspraak wat Mettler se skorsing verbied
ActionSA het die uitspraak van die Gautengse Hooggeregshof verwelkom wat die skorsing van Tshwane se munisipale bestuurder Johann Mettler verbied het. Die Tshwane-raad het verlede maand tydens ’n vergadering gestem om Mettler op voorsorgskorsing te plaas. Die hof het bevind dat die speaker, Mncedi Ndzwanana, onwettig opgetree het deur die stemme van 13 DA-raadslede uit te sluit. ActionSA se Michael Beaumont sê die party het Mettler se skorsing teengestaan. Hy voeg by hoewel d

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Drie afsonderlike busongelukke eis vier lewens in die Vrystaat
Vier mense is dood en byna 260 beseer in drie afsonderlike busongelukke wat vanoggend in die Vrystaat plaasgevind het. Volgens 'n mediaverklaring wat deur Rosestad Nuus ontvang is, het Vrystaatse nood-mediese dienste na drie ernstige voorvalle in die Xhariep- en Thabo Mofutsanyana-distrikte gereageer. Die eerste ongeluk het omstreeks halfvyf vanoggend by die R701 en Voortrekkerstraat in Smithfield plaasgevind waar 'n bus omgeslaan het. Twee mense is kritiek beseer, twee ernst

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie ná onlangse betogings teen onwettige immigrasie. Die afvaardiging het Suid-Afrika se verbintenis tot die handhawing van die oppergesag van die reg herbevestig terwyl die grondwetlike regte van alle mense beskerm word. Parlementslede wat die land verteenwoordig, het ook geweld en intimidasie wat met die betogings verband hou, verwerp. Die hoofsweep van die ANC, Mdumi

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel
Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel, in 'n poging om die stryd teen die uitbreking van die siekte verder te versterk. Volgens Maroela Media is Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, en dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veearts Netwerk, Vrydag deur die Minister van Landbou, Willie Aucamp, tot die raad benoem. Die Bedryfskoördineringsraad is vroeër vanjaar gestig om die regering en die landboubedr

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Eskom sê geen diesel is al vir twee weke gebruik nie
Eskom sê die verbeterde prestasie van sy kragstasies het daartoe gelei dat die nutsmaatskappy nou reeds vir 'n tweede agtereenvolgende week geen diesel hoef te gebruik om die elektrisiteitsnetwerk te ondersteun nie. Die kragverskaffer sê uitgawes aan diesel vir die huidige boekjaar is meer as 85 persent laer as gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens Eskom dui dit op 'n beduidende afname in die afhanklikheid van duur dieselaangedrewe opwekking. Die maatskappy sê die

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1
bottom of page


