top of page




Steenkool sal steeds deel van Suid-Afrika se energieportefeulje bly
Steenkool sal steeds deel van Suid-Afrika se energieportefeulje bly terwyl die land sy Regverdige Energie-oorgang aanpak. Dit is volgens president Cyril Ramaphosa. Hy het die Ummbila Emoyeni-windplaas in Bethal, Mpumalanga, amptelik geopen. Die windplaas dui op ’n verskuiwing na groener energiebronne, en het meer as eenduisend plaaslike werksgeleenthede geskep. Die windplaas se aanvanklike opwekkingsvermoë van 155 megawatt vorm deel van ’n groter 900-megawatt-hernubare-energi

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Suid-Afrikaners sny besteding te midde van skulddruk
’n Old Mutual-verslag dui aan dat Suid-Afrikaners steeds besteding sny deur hul TV-stroomdienste af te gradeer en goedkoper aankope te maak. Volgens die 2026 Savings and Investment Monitor-verslag het 29% van die respondente ’n TV-stroomdiens afgegradeer. Intussen het 27% oorgeskakel na goedkoper supermarkprodukte, en 24% het oorgeskakel na ’n goedkoper selfoon- of dataplan. Volgens die verslag het skulddruk die finansiële buigsaamheid van werkende Suid-Afrikaners benadeel. O

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die VF Plus voer reddingsgesprekke oor die toekoms van die Tulbagh-inmaakfabriek
Die VF Plus het reddingsgesprekke begin nadat Premier Foods aangekondig het dat sy Tulbagh-inmaakfabriek nie die komende vrugteseisoen vrugte sal verwerk nie. Volgens Maroela Media wek die besluit groot kommer onder vrugteboere, werkers en die breër gemeenskap wat op die fabriek vir inkomste en werksgeleenthede staatmaak. Die VF Plus sê hy is reeds in gesprek met rolspelers in die landbou- en voedselbedryf om moontlike oplossings te ondersoek wat die fabriek of dele van sy be

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die OVK het ’n laaste beroep op stemgeregtigdes gedoen om te registreer
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het ’n laaste beroep op stemgeregtigde Suid-Afrikaners gedoen om te registreer om te stem voor die plaaslike regeringsverkiesing. Byna 24-duisend registrasiepunte is landwyd oop en sal Sondag om vyfuur sluit, wat kiesers ’n laaste kans bied om te registreer óf hul besonderhede op te dateer. Meer as drie miljoen registrasies is aangeteken tydens die eerste kieserregistrasie-naweek in Junie. Die OVK sê daar sal geen verdere geleenthei

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Die DA vra 'n dringende ondersoek na die oordrag van die Parlement se herbouprojek
Die DA eis 'n dringende parlementêre ondersoek na die besluit om die herbouprojek van die Nasionale Vergadering aan die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika oor te dra. Volgens Maroela Media volg die oproep nadat die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, aangekondig het dat sy departement geen bewyse kon vind dat die herbouprojek wettiglik aan die parlement oorgedra is nie. Die DA sê die besluit wek ernstige kommer oor deursigtigheid, aanspreeklikheid

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Eskom het beplande onderhoud in kieserregistrasiesentrum-gebiede tydelik opgeskort
Eskom het beplande onderhoud in gebiede wat as kieserregistrasiesentrums geïdentifiseer is, tydelik opgeskort om betroubare elektrisiteitsvoorsiening hierdie naweek te verseker. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie hou vandag sy laaste kieserregistrasieveldtog regoor die land voor die plaaslike regeringsverkiesings. Volgens Eskom sal die tydelike opskorting help om ontwrigtings te verminder en die gladde werking van registrasiepunte te ondersteun. Die kragvoorsiener sê onond

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Ramaphosa sal nie kommentaar lewer oor ontwikkelinge by die Madlanga-kommissie nie
President Cyril Ramaphosa sê hy sal eers kommentaar lewer oor die Madlanga-kommissie van ondersoek wanneer die kommissie sy finale verslag voltooi en aan hom oorhandig het. Die president sê dit sal onvanpas wees om op individuele getuienis of ontwikkelings te reageer terwyl die ondersoek nog aan die gang is. Sy uitlatings volg nadat onlangse getuienis voor die kommissie gefokus het op beweerde bestuursmislukkings binne die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie. Ramaphosa beklem

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Chikunga het vrouemaand in Durban geloots
Die minister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het Saterdag amptelik Vrouemaand in Durban in KwaZulu-Natal geloods. Dit kom terwyl Suid-Afrika voorberei om die 70ste herdenking van die 1956 Vroue-optog op 9 Augustus te vier, wat die vroue vereer wat vir geslagsgelykheid en sosiale geregtigheid geveg het. Die bekendstelling het die EmpowerHer-markhandelskou ingesluit, waar ondernemings in vrouebesit hul produkte en dienste uitgestal het. Chikunga

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


ActionSA verwelkom die hofuitspraak wat Mettler se skorsing verbied
ActionSA het die uitspraak van die Gautengse Hooggeregshof verwelkom wat die skorsing van Tshwane se munisipale bestuurder Johann Mettler verbied het. Die Tshwane-raad het verlede maand tydens ’n vergadering gestem om Mettler op voorsorgskorsing te plaas. Die hof het bevind dat die speaker, Mncedi Ndzwanana, onwettig opgetree het deur die stemme van 13 DA-raadslede uit te sluit. ActionSA se Michael Beaumont sê die party het Mettler se skorsing teengestaan. Hy voeg by hoewel d

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 2


Drie afsonderlike busongelukke eis vier lewens in die Vrystaat
Vier mense is dood en byna 260 beseer in drie afsonderlike busongelukke wat vanoggend in die Vrystaat plaasgevind het. Volgens 'n mediaverklaring wat deur Rosestad Nuus ontvang is, het Vrystaatse nood-mediese dienste na drie ernstige voorvalle in die Xhariep- en Thabo Mofutsanyana-distrikte gereageer. Die eerste ongeluk het omstreeks halfvyf vanoggend by die R701 en Voortrekkerstraat in Smithfield plaasgevind waar 'n bus omgeslaan het. Twee mense is kritiek beseer, twee ernst

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie
Die Suid-Afrikaanse afvaardiging by die Pan-Afrika-parlement het die land verdedig teen bewerings van xenofobie ná onlangse betogings teen onwettige immigrasie. Die afvaardiging het Suid-Afrika se verbintenis tot die handhawing van die oppergesag van die reg herbevestig terwyl die grondwetlike regte van alle mense beskerm word. Parlementslede wat die land verteenwoordig, het ook geweld en intimidasie wat met die betogings verband hou, verwerp. Die hoofsweep van die ANC, Mdumi

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel
Twee bekende landbourolspelers is tot die Bedryfskoördineringsraad vir Bek-en-klouseer aangestel, in 'n poging om die stryd teen die uitbreking van die siekte verder te versterk. Volgens Maroela Media is Theo de Jager, uitvoerende direksievoorsitter van Saai, en dr. Danie Odendaal, direkteur van die Veearts Netwerk, Vrydag deur die Minister van Landbou, Willie Aucamp, tot die raad benoem. Die Bedryfskoördineringsraad is vroeër vanjaar gestig om die regering en die landboubedr

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Eskom sê geen diesel is al vir twee weke gebruik nie
Eskom sê die verbeterde prestasie van sy kragstasies het daartoe gelei dat die nutsmaatskappy nou reeds vir 'n tweede agtereenvolgende week geen diesel hoef te gebruik om die elektrisiteitsnetwerk te ondersteun nie. Die kragverskaffer sê uitgawes aan diesel vir die huidige boekjaar is meer as 85 persent laer as gedurende dieselfde tydperk verlede jaar. Volgens Eskom dui dit op 'n beduidende afname in die afhanklikheid van duur dieselaangedrewe opwekking. Die maatskappy sê die

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Miljoene jong Suid-Afrikaners is steeds nie geregistreer om te stem nie
Miljoene jong Suid-Afrikaners is steeds nie geregistreer om te stem nie, met die Onafhanklike Verkiesingskommissie wat waarsku dat die geleentheid om te registreer nie onbepaald beskikbaar sal wees nie. Volgens die OVK vorm mense tussen 18 en 29 jaar die grootste groep van die meer as 11 miljoen ongeregistreerde kiesers in die land. Die laaste kiesersregistrasienaweek vind hierdie naweek plaas, met stemlokale wat van agtuur die oggend tot vyfuur die middag oop sal wees. Jongm

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Parlementêre komitee spreek kommer uit oor bewerings teen die Nsfas-administrateur
Die parlement se Gekose Komitee oor Onderwys, Wetenskappe en die Kreatiewe Nywerhede het kommer uitgespreek oor bewerings rakende die nuut aangestelde administrateur van die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (Nsfas), professor Hlengani Mathebula. Die komitee sê Mathebula is aangestel om Nsfas te stabiliseer en beheer en finansiële bestuur te verbeter, nie om bewerings van wangedrag in die gesig te staar nie. Berigte beweer dat Mathebula ruim bestee het aan Nsfas-fondse

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


'n Pa en sy seun is vermoedelik tydens 'n huisroof in Virginia vermoor
Polisie ondersoek steeds die moord op 'n pa en sy seun van Virginia in die Vrystaat, terwyl 'n huisroof as moontlike motief ondersoek word. Volgens Netwerk24 is die ondersoek in 'n vroeë stadium, en speurders werk saam met die Vrystaat se Moord- en Roofeenheid om die omstandighede rondom die dubbele moord te bepaal. Die liggame van die twee mans, onderskeidelik 68 en 40 jaar oud, is Donderdag op 'n eiendom in Tulbaghstraat aangetref nadat bure en 'n private veiligheidsmaatska

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Fadiel Adams gaan by die Madlanga-kommissie getuig
Die woordvoerder van die Madlanga-kommissie, Jeremy Michaels, het bevestig dat die leier van die National Coloured Congress en parlementslid, Fadiel Adams, op 11 Augustus voor die kommissie sal verskyn. Daar word verwag dat Adams getuienis sal lewer met betrekking tot klagtes wat hy teen senior misdaadintelligensiebeamptes ingedien het, wat gelei het tot ‘n ondersoek deur die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie (Idac) en daaropvolgende arrestasies. Michaels sê Adams is in Okt

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Die Departement van Water en Sanitasie betrek watergebruikers oor voorgestelde rouwatertariewe
Die Departement van Water en Sanitasie het begin om watergebruikers te raadpleeg oor voorgestelde rouwatertariewe vir die 2027/28-boekjaar. Die Vaal-Oranje Opvanggebiedbestuursagentskap sê die tariewe help om die beskerming en bestuur van riviere, damme en ander waterbronne te befonds. Die konsultasies vorm deel van ’n landwye openbare deelnameproses, wat belanghebbendes die geleentheid bied om kommentaar te lewer voordat die tariewe gefinaliseer word. Die departement sê die

Saamgestel deur Armando Pieters
Aug 1


Valke ondersoek kokaïenbesending van miljoene rande by Durban-hawe
Die Valke het ’n ondersoek van stapel gestuur nadat vermeende kokaïen ter waarde van ’n geraamde R36-miljoen by die hawe van Durban gekonfiskeer is. Die dwelms, wat ongeveer 90 kilogram weeg, was versteek in twee swaar graafmasjiene wat uit Brasilië ingevoer is. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens se doeanebeamptes het Saterdag die eerste besedning tydens ’n inspeksie ontdek en die Valke in kennis gestel. ’n Verdere soektog het ’n tweede versteekte besending in ’n ander graafma

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Johnson & Johnson wen babapoeier-kankersaak
’n Jurie in Los Angeles in die Verenigde State het ten gunste van die farmaseutiese reus Johnson & Johnson beslis in ’n saak waarin die families van drie vroue aangevoer het dat die maatskappy se talk-gebaseerde babapoeier eierstokkanker veroorsaak het. Die jurie het bevind dat Johnson & Johnson nie nalatig was in die bemarking en verkoop van die produk nie. Die saak is aanhangig gemaak deur die families van Mary Owens, Bonnie Tienken en Geneva Williams, wat almal oorlede is

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Vandalisme aan hoofwaterpyplyn raak groot dele van Bloemfontein
Verskeie woonbuurte in Bloemfontein ervaar lae waterdruk of tydelike wateronderbrekings nadat ernstige vandalisme aan 'n hoof grootmaatwaterpyplyn naby die Grootvlei Gevangenis aangemeld is. Volgens die DA in Mangaung is die pyplyn beskadig, wat noodmaatreëls genoodsaak het om watervoorsiening na 'n alternatiewe staalpyplyn oor te skakel. Gebiede wat geraak word sluit onder meer Pellissier, Vista Park, Rocklands, Phelindaba, Phahameng, Unique Homes, Universitas, Bainsvlei, La

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Drie is vas oor vermoedelik gesteelde koperkabel in Kroonstad
Drie mans sal na verwagting binnekort in die Kroonstad-landdroshof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is vir die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Volgens die polisie is inligting Vrydagoggend ontvang oor 'n wit Mazda wat van Steynsrus na Kroonstad onderweg was om koperkabel te verkoop. 'n Taktiese operasie is daarop van stapel gestuur, waarna beamptes die voertuig met drie insittendes onderskep het. Met die deurso

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Operasie Prosper lei tot die inhegtenisneming van meer as 1 000 verdagtes
Die polisie en die Suid-Afrikaanse Weermag het verlede maand 1 287 verdagtes tydens Operasie Prosper in hegtenis geneem. Die verdagtes is in hegtenis geneem vir oortredings insluitend dwelmhandel, moord, onwettige vuurwapenbesit, immigrasiewetsoortredings en die besit van gesteelde eiendom. Die operasie is in die Oos-Kaap, Vrystaat, Gauteng, Noordwes en Wes-Kaap uitgevoer. Wetstoepassingspanne het ook beslag gelê op 31 onwettige vuurwapens, meer as 1 700 rondtes ammunisie, on

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 7


Vier verdagtes is in hegtenis ná die redding van ietermagog in Vrystaat
Vier verdagtes sal na verwagting binnekort in die Welkom-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is vir die beweerde poging om 'n ietermagog vir 80-duisend rand te verkoop. Die inhegtenisnemings volg nadat die Valke se eenheid vir bedreigde spesies, saam met die Welkom-teenbende-eenheid, op intelligensie gereageer het oor die moontlike onwettige handel in die dier. Beamptes het die verdagtes betrap terwyl hulle na bewering besig was om die transaksi

Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 6
bottom of page

