top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Addo kry nuwe leeu-lewe

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 14, 2025
1 min read

Nuwe lewe – en gene – word in die Addo Olifant Nasionale Park in die Oos-Kaap geblaas.

Dit nadat twee leeumannetjies van die Twee Rivieren-gebied van die Kgalagadi-oorgrenspark Donderdag hier 'n nuwe tuiste gekry het.

Nova News berig hul aankoms volg kort op die inbring van twee nuwe leeuwyfies aan die begin van Maart.

Woordvoerder en kommunikasiehoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke, JP Louw, sê hulle pas goed aan in hul nuwe omgewing.

Hy voeg by die sterk, gesonde gene van die vier nuwe leeus is ‘n waardevolle toevoeging tot die leeubevolking van die Addo.

 
 
 

Comments


bottom of page