top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Nsfas ontvang duisende aansoeke vir 2027

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
43 minutes ago
1 min read

Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, Nsfas, het binne die eerste vier dae van die 2027-aansoektydperk byna 51 500 aansoeke ontvang.


Volgens Nsfas is die meeste van die aansoeke deur studente wat vir die eerste keer inskryf, ingedien.


Vroulike aansoekers maak 74% van die aansoeke uit.


Nsfas voeg by 12 625 van die aansoekers is Sassa-begunstigdes.


Die aansoektydperk sluit op 31 Oktober en Nsfas bevestig dat daar geen verlenging sal wees nie.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page