Aero Defence 2026 stel SA se verdedigingsbedryf ten toon

19 minutes ago
1 min read
Die 13de Africa Aerospace and Defence-uitstalling is die naweek aan die gang by Lugmagbasis Waterkloof in Pretoria.
Honderde militêre afgevaardigdes en lede van die publiek besigtig die nuutste lugvaart- en verdedigingstegnologie.
Daniel du Plessis van Milkor het die geleentheid as fenomenaal beskryf en gesê dit het Suid-Afrika se verdedigingsbedryf op die wêreldverhoog ten toon gestel en geleenthede by internasionale maatskappye geskep. Die uitstalling duur Sondag voort, en die publiek word aangemoedig om die laaste dag by te woon.








Comments