top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Sommige MK Party-lede dreig om nie te stem nie

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
2 hours ago
1 min read

Sommige ontevrede MK Party-lede dreig om nie in die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November te stem nie, tensy daar opgetree word oor beweerde ongerymdhede op die party se kandidaatlys.


Die lede het Saterdag tydens ’n gebedsbyeenkoms wat deur die party se leier, Jacob Zuma, in Durban toegespreek is, betoog.


Zuma het hulle beveel om die byeenkoms te verlaat en hul protes as swak gedrag beskryf. Die party se sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, sê die party spreek klagtes oor kandidate aan en het reeds opgetree nadat ongerymdhede in name wat aan die OVK voorgelê is, geïdentifiseer is.


MK Party, argief. FOTO: Mail & Guardian
MK Party, argief. FOTO: Mail & Guardian

 
 
 

Comments


bottom of page