AfriForum beskuldig Ramaphosa van volksmoord-oortreding

May 29, 2025
1 min read
AfriForum sê president Cyril Ramaphosa oortree die VN se ooreenkoms teen volksmoord deur nie die lied “Kill the Boer, kill the farmer” te veroordeel nie. Volgens Nuusflits sê die organisasie die president het nie net versuim om die lied te veroordeel nie, maar hy het ook gesê die regering gaan nie teen Julius Malema optree omdat hy dit sing nie. AfriForum verwys na argumente in 2024 in die Internasionale Geregshof, waar gesê is dat die versuim om aanhitsing tot volksmoord te veroordeel, self ’n oortreding van die ooreenkoms is. Die organisasie vra waarom dieselfde argument nou nie op Ramaphosa van toepassing is nie.







Comments