top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum eis ‘n aksieplan vir Bloem se krag- en waterprobleme

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 27
  • 1 min read

AfriForum eis dat die Mangaung Metro Munisipaliteit met ’n duidelike aksieplan vorendag kom om aanhoudende krag- en wateronderbrekings in Bloemfontein en omliggende gebiede te hanteer. In ’n mediaverklaring vra die organisasie vir tydlyne en konkrete stappe om verdere ontwrigtings te beperk.


Volgens AfriForum hou die huidige probleme onder meer verband met onderbrekings by die Bayswater-substasie, wat die Maselspoort-watersuiweringsaanleg raak en waterproduksie ontwrig.


Die organisasie sê soortgelyke onderbrekings kom reeds sedert Februarie voor, wat volgens hulle op ’n groter, onopgeloste probleem dui.


AfriForum waarsku ook dat die situasie nie net tot frustrasie onder Bloemfonteiners lei nie, maar ook veiligheidsrisiko’s inhou, aangesien infrastruktuur soos verkeersligte en selfoontorings deur kragonderbrekings geraak word.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page