top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum gaan hof toe oor die Mangaung-metro se nuwe vullis- en riooltariewe

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
10 minutes ago
1 min read

AfriForum het ’n hersieningsaansoek by die Bloemfonteinse Hooggeregshof teen Mangaung Metro se nuwe vullisverwyderings- en riooltariewe ingedien.


AfriForum is van mening dat die wyse waarop die nuwe tariewe bereken en gehef word, ongrondwetlik is en dat dit nie aan die toepaslike wetlike vereistes voldoen nie.


Die nuwe tariewe behels ’n vullisverwyderingstarief wat bereken word op die grootte van ’n erf, en ’n riooltarief wat op die waarde van ’n eiendom bereken word.


AfriForum eis dat die metro die betwiste tariewe onmiddellik staak en ’n wettige en deursigtige manier vind om inwoners vir dié dienste te hef.


Die organisasie sal volgens hul mediaverklaring die hofproses voortsit en die Mangaung-metro aanspreeklik hou oor die wettigheid van die betwiste tariewe.


Ter illustrasie. FOTO: Verskaf
Ter illustrasie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page