top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dienslewering moet van planne na aksie beweeg

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
9 minutes ago
1 min read

Die Mangaung Metro Munisipaliteit glo dienslewering moet van planne na aksie beweeg, en het met sy Ward2Ward-veldtog in Wyk 19 in Willows voortgegaan.


Volgens inligting wat deur die munisipaliteit gedeel is, het munisipale spanne en ander rolspelers saamgewerk om praktiese diensleweringskwessies in die wyk aan te spreek.


Dit het onder meer die sny van gras, die skoonmaak van oop ruimtes en stormwaterinlate, die optel van rommel en die identifisering van waterlekkasies ingesluit.


Studente van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie het ook by die veldtog ingespring en dele van Small Street naby die Manheim Dameskoshuis geverf.


Die Metro sê die veldtog fokus op sigbare dienslewering op die grond.


FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook
FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page