AfriForum help om misdaad in Bfn te bekamp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 19
- 1 min read
AfriForum se Gemeenskapsveiligheidsentrum in Bloemfontein het gedurende Januarie altesaam 95 keer op noodgevalle en misdaadvoorvalle in die stad reageer.
Volgens ’n mediaverklaring sluit dit reaksie op brande, diefstal en motorongelukke in.
Agt inhegtenisnemings is ook uitgevoer, terwyl vier verdagte persone of voertuie aangemeld is.
Die sentrum werk saam met AfriForum911, plaaslike buurtwagte en ander veiligheidsrolspelers om voorvalle te hanteer.
Statistiek toon inwoners gebruik steeds direkte kommunikasiekanale, met 86 WhatsApp-klagtes en 25 telefoniese klagtes wat gedurende die maand ontvang is.
Verskeie patrollies is ook uitgevoer as deel van sigbare misdaadvoorkoming.
AfriForum sê samewerking tussen gemeenskap en veiligheidsrolspelers bly belangrik in die bekamping van misdaad.








Comments