AfriForum hou Bloemfontein skoon en veilig
- Nadia Pieters
- 6 days ago
- 1 min read
AfriForum se Bloemfontein-tak het die afgelope maand bewys waarom samewerking en betrokkenheid deur die gemeenskap, die sleutel tot ’n beter stad is.
Bloem se distrikskoördineerder, Christo Groenewald, sê in ‘n mediaverklaring hul vullisverwyderingspan het gedurende September altesaam 1 745 km afgelê om strate, woonbuurte en openbare ruimtes in Bloemfontein skoon te hou.
In totaal is ongeveer 50 ton vullis verwyder. Verder toon die jongste verslae dat hul reaksievoertuie 82 keer geaktiveer en 32 patrollies uitgevoer is.
Daar is drie arrestasies gemaak en drie gevalle van diefstal aangemeld, terwyl 16 insidente, wat telefonies ontvang is en 68 wat deur WhatsApp aangemeld is, ook suksesvol hanteer is.

Comments