AfriForum lê klag van minagting van die hof teen Julius Malema
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 20 minutes ago
- 1 min read
AfriForum het ’n minagtingsaansoek teen die EFF en sy leier, Julius Malema, by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien.
Dit volg nadat die EFF en Malema glo weer mense tot onwettige grondbesetting aangehits het, ondanks ’n hofbevel wat sulke oproepe verbied.
AfriForum sê Malema het op 23 Julie tydens ’n EFF-lesing aan die Universiteit van Limpopo in Polokwane verwys na jong mense wat eendag ’n plaas in Stellenbosch sal betree en beset.
Die organisasie vra ’n R500 000 boete vir die EFF en 18 maande se gevangenisstraf vir Malema.
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê ’n hofbevel is nie ’n aanbeveling wat selektief gehoorsaam kan word nie.








Comments