AfriForum se eerste nasionale massapatrollie in Bfn is 'n sukses
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
AfriForum Bloemfontein het sy eerste nasionale massapatrollie vir die jaar suksesvol afgeskop. Volgens die burgerregteorganisasie se sosiale media is die aand gekenmerk deur uitstekende samewerking, indrukwekkende opkoms en ’n gedeelde verbintenis tot gemeenskapsveiligheid.
AfriForum sê met die sterk ondersteuning van verskeie veiligheidsrolspelers was dit duidelik dat wanneer ’n gemeenskap hande vat, ’n kragtige boodskap uitgestuur word: dat misdaad geen plek in Bloemfontein se woongebiede het nie.
Die hoofdoel van die patrollie was om hoë sigbaarheid in woonbuurte te verseker, misdaad proaktief te bekamp, en ondersteuning tydens noodsituasies te bied. Die organisasie sê hierdie aksie is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer toegewyde individue en organisasies saamstaan vir ’n veiliger toekoms.








Comments