AfriForum verwyder meer as 100 ton vullis in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
AfriForum se vullisverwyderingsinisiatief het tonne vullis gedurende Januarie en Februarie vanjaar uit verskeie gemeenskappe in Bloemfontein verwyder.
Volgens die organisasie is sowat 107 ton vullis in dié tydperk verwyder, terwyl spanne byna 4 000km afgelê het om skoonmaakaksies in woonbuurte en openbare ruimtes te ondersteun.
AfriForum sê in ‘n mediaverklaring die inisiatief is deel van pogings om gemeenskappe skoner en veiliger te hou.
Die organisasie se distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, voeg by samewerking tussen inwoners speel ’n belangrike rol in sulke projekte.







Comments