top of page

AfriForum skop hul landwye blou-en-groen-druppelprojek af

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 8, 2025
  • 1 min read

As deel van die #SkoonWater-projek, het AfriForum hul nasionale blou-en-groen-druppelprojek van stapel gestuur. Luidens ‘n mediaverklaring word AfriForum-takke, van regoor die land, tydens die projek gemobiliseer om die gehalte van munisipale drink- en afvalwater gedurende Augustus te toets. Die doel van AfriForum se projek is om die kollig te werp op die land se dreigende waterkrisis. Die burgerregtewaghond sal weer eens vanjaar 'n belangrike moniteringsfunksie vervul deur die gehalte van drinkwater en verwerkte rioolwater in byna 160 dorpe te toets, en die resultate in 'n omvattende verslag te publiseer. AfriForum verwelkom ook die Departement van Water en Sanitasie se positiewe terugvoer rakende die projek, wat hulle waardevolle bydrae en toewyding tot die verbetering van water- en sanitasiedienslewering erken.

 
 
 

Comments


bottom of page