top of page

‘n Bloemfonteinse ma en dogter is in die hof oor beweerde begrafnispolis-moorde

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

 ’n Ma en haar dogter van Rocklands in Bloemfontein het hul eerste verskyning in ‘n voorverhoor in die hooggeregshof in die stad gemaak.


Dit op aanklagte dat hulle glo begrafnispolisse op niksvermoedende slagoffers uitgeneem en daarna hul dood beplan het.


Netwerk24 berig die saak is tot later vandeesmaand uitgestel.


Hulle staan tereg op 16 aanklagte, waaronder moord, bedrog, geldwassery en uitbuiting.


Volgens die klagstaat is ‘n man in Januarie 2022 vermoor nadat ’n polis van R100 000 op sy naam uitgeneem is.


Sy liggaam is later met veelvuldige beserings gevind. In Oktober dieselfde jaar is die liggame van nog twee slagoffers langs ’n pad in die Hamilton-gebied ontdek.


Versekeringsuitbetalings van bykans R400 000 het glo gevolg.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page