top of page

AfriForum spreek sy kommer uit oor voorgestelde vuurwapenbeheer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 26, 2025
  • 1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê gesprekke oor moontlike wysigings aan die Wet op Beheer van Vuurwapens by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad is onregmatig en buite dié raad se mandaat.

Die organisasie eis deursigtigheid en waarsku dat belanghebbendes soos die vuurwapenbedryf, sportskietliggame, sekuriteit en wettige eienaars uitgesluit word.

Voorstelle sluit onder meer strenger lisensiëring, minder private besit en nuwe bergingsreëls in.

AfriForum se hoofwoordvoerder oor gemeenskapsveiligheid, Jacques Broodryk, sê vuurwapenregulering is ’n kwessie van openbare veiligheid en grondwetlike regte.

LUISTER: 

 
 
 

Comments


bottom of page