AfriForum verbeter veiligheid by ‘n Bloem-skool
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 13
- 1 min read
Om die veiligheid van skoliere, voetgangers en motoriste by Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein te verbeter, is verskeie padmerke in die omgewing oorgeverf.
Volgens inligting wat deur AfriForum gedeel is, het die organisasie se jeugtak in Bloemfontein die projek aangepak.
Tydens die projek is voetoorgange in Hudsonrylaan, asook padmerke by stopstrate in Van der Linde-, Bergsted- en Strydomstraat oorgeverf. Altesaam 22 liter verf is gebruik om die merke weer duidelik sigbaar te maak.
AfriForum sê die projek vorm deel van hul pogings om gemeenskapsveiligheid en infrastruktuur te verbeter.
Die organisasie meen duidelike padtekens is noodsaaklik om ongelukke te voorkom en om te verseker dat leerders veilig by die skool kan aankom.








Comments