AfriForum verwyder tonne vullis in Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 10
- 1 min read
AfriForum Dienste in Bloemfontein sê hulle het gedurende Maart meer as 64 ton vullis verwyder en byna 65 000m² se gras gesny.
Die werk is in parke, oop velde en langs groen stroke gedoen te midde van klagtes oor swak dienslewering deur die Mangaung Metro Munisipaliteit.
Dit volg na die organisasie sowat 107 ton vullis in die eerste twee maande vanjaar verwyder het. Die spanne het toe ook byna vierduisend kilometer afgelê om skoonmaakaksies in woonbuurte en openbare ruimtes te ondersteun.
Volgens AfriForum hou verwaarloosde openbare ruimtes ernstige veiligheids- en gesondheidsrisiko’s in. Die organisasie se distrikskoördineerder in Bloemfontein, Christo Groenewald, sê netjiese omgewings help om onwettige storting, brandgevare en misdaad te beperk.








Comments