top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AfriForum vra oor beweerde joernalistieke inmenging

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 15, 2025
1 min read

Die burgerregteorganisasie AfriForum versoek toegang tot inligting by die Staatsveiligheidsagentskap en die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking.


Dit volg nadat twee bekende Suid-Afrikaanse joernaliste na bewering tans deur dié twee entiteite betaal word om mediadekking teen die organisasie te beïnvloed.


AfriForum wil besonderhede hê van enige joernaliste, akademici of kommentators wat na bewering betaal is om die openbare mening teen die organisasie te vorm.


Die organisasie se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die departemente het 30 dae om te reageer, anders sal die saak na die howe geneem word.


LUISTER:


Kallie Kriel

FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page