Afrikaanse Taaldag-vieringe duur in Bloemfontein voort
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Afrikaanse Taaldag-vieringe word vandag by die Naval Hill Planetarium in Bloemfontein voortgesit.
Mense kan van 13:00 tot 17:00 Saterdag by die Planetariumsaal op Naval Hill ’n draai maak, waar daar onder meer ’n groot private boekverkoping en prettige speletjies aangebied word. Daar is ook ’n kort taalvoordrag en sang.
Volgens inligting wat deur die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gedeel is, word 14 Augustus simbolies as die verjaardag van Afrikaans gevier. Dit omdat die Genootskap van Regte Afrikaners op dié dag in 1875 gestig is.
Die Taalkommissie sê die dag vier Afrikaans in al sy variëteite, tongvalle en vorme, asook die verskillende gemeenskappe wat die taal lewendig hou.








Comments