top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Afrikaanssprekendes in VS word aagemoedig om vir die polisie te werk

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 18, 2025
1 min read

Afrikaanssprekende jong mense in die Vrystaat word aangemoedig om aansoek te doen vir poste by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD).

Die SAPD het sy nuwe e-Werwingsproses geloods om 5 500 intreevlakposte te vul. 'n Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, kapt. Loraine Earle, sê die aansoekproses is gratis en geen pos is te koop nie.

Vir die eerste keer in die SAPD se geskiedenis gebruik hulle nou 'n elektroniese aansoekstelsel.

Aansoeke sluit om middernag op Vrydag 18 Julie.

Jongmense tussen 18 en 35 jaar, sonder ‘n kriminele rekord, kan hier aansoek doen. 

 
 
 

Comments


bottom of page