Afvalbestuur en werkskepping word in Bloem bespreek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Afvalbestuur en die skep van werksgeleenthede is in die kollig by ’n beraad wat in Bloemfontein aangebied word.
Die sogenaamde Waste Khoro-konferensie bring rolspelers uit die sektor, insluitend regering, besigheid en informele afvalversamelaars, byeen.
Adjunkminister van bosbou, visserye en die omgewing, Bernice Swart, beklemtoon dat samewerking noodsaaklik is om afval te verminder en ekonomiese geleenthede te skep.
Sy sê in ‘n mediaverklaring deur die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing Suid-Afrika stuur steeds meer as 60% van sy afval na stortingsterreine, en dat groter klem geplaas moet word op herwinning en die sogenaamde sirkulêre ekonomie.
Swart het ook die belangrike rol van informele afvalversamelaars uitgelig en gesê hulle moet beter geïntegreer en ondersteun word.
Volgens die departement is daar reeds vordering met programme wat daarop gemik is om herwinning te bevorder en werksgeleenthede te skep.








Comments