top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

AgriSA betreur die hofingryping oor bek-en-klouseer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Mar 25
  • 1 min read

AgriSA sê dit is betreurenswaardig dat hofingryping te midde van die bek-en-klouseerkrisis in Suid-Afrika nodig was.


Volgens Maroela Media volg dié reaksie nadat die hooggeregshof in Pretoria geweier het om ’n dringende interdik toe te staan wat private enting sou toelaat.


Die saak is tot 28 April uitgestel om die regering kans te gee om ’n skema vir private inenting, onder streng voorwaardes, saam te stel.


Die hof het ook spertye gestel, met die moontlikheid dat so ’n skema teen middel April in die Staatskoerant gepubliseer moet word.


AgriSA waarsku dat die fokus nou weer op samewerking en gekoördineerde siektebeheer moet val.


Die organisasie sê bek-en-klouseer bly ’n nasionale prioriteit met groot implikasies vir die veebedryf, voedselsekerheid en uitvoere.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page