Akademiese aktiwiteite aan die UV hervat
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 20
- 1 min read
Akademiese aktiwiteite aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal Maandag hervat, nadat dit vir ’n week opgeskort is weens die geweld op die kampus.
Die UV se woordvoerder, Lacea Loader, sê die akademiese kalender is gewysig om die suksesvolle voltooiing van die 2025- akademiese jaar te verseker. Netwerk24 berig Loader sê die einde van die vierde kwartaal sal uitgestel word en die begin van die hoof-jaareindeksamens sal van 3 na 10 November verskuif word.
Dié besluit is van toepassing op alle studente, behalwe finalejaarstudente in die fakulteit gesondheidswetenskappe, wat wel op 3 November sal begin met eksamens.
Rosestad-nuus het vroeër berig oor die betogings verlede week by die UV teen die universiteit se besluit om voorlopige registrasie te skrap.
Die UV en sy studenteraad het verlede week ’n ooreenkoms bereik wat die weg baan vir die geleidelike uitfasering van voorlopige registrasie oor die volgende twee jaar, waarna die protesaksies gestaak is.





Comments