top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Akkurate data oor misdade teen vroue en kinders word gevra

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 5
1 min read

Die minister van polisie, Firoz Cachalia, is gevra vir akkurate en uiteengesette data oor misdade teen vroue en kinders.


Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onlangs aan die parlement gesê het dat sy statistiek oor die aangeleentheid onakkuraat is.


Die DA wil hê Cachalia moet hom daartoe verbind om te verseker dat die komende misdaadstatistiek akkuraat en foutloos is.


Volgens die DA se Lisa Schickerling moet Cachalia ook ’n datum vir die gekorrigeerde data verskaf indien die polisie nie die November-sperdatum kan haal nie.


Sy sê akkurate syfers is nodig om geslagsgebaseerde geweld te bekamp.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page