Amazon sny duisende poste
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 6 days ago
- 1 min read
Die Amerikaanse tegnologiereus, Amazon, het bevestig dat hulle 16 000 poste gaan sny.
Dit net ure nadat hulle personeel in ʼn e-pos wat blykbaar verkeerdelik gestuur is, ingelig het oor ʼn nuwe ronde wêreldwye afleggings.
Die e-pos, wat deur die BBC gesien is, verwys na ʼn groep werknemers in die VSA, Kanada en Costa Rica wat afgedank is as deel van ʼn poging om die maatskappy te versterk.
Die boodskap is blykbaar per ongeluk gedeel, aangesien dit vinnig gekanselleer is.
Amazon het die postevermindering aangekondig as deel van ʼn plan om burokrasie by die firma te verwyder.







Comments