Talle is in die Vrystaat in hegtenis geneem

Die Vrystaatse polisie en ander wetstoepassingsagentskappe het meer as 1 000 mense tydens Operasie Shanela Twee in hegtenis geneem.
Die intensiewe operasie, wat oor ’n week gestrek het, het meer as 6 000 hoësigbaarheidspatrollies, 231 voertuigkontrolepunte, 19 padblokkades en meer as 1 300 stop-en-deursoek-operasies ingesluit.
Volgens die polisie is byna 41 800 mense, 14 000 voertuie en oor die 680 persele deursoek.
Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was 38 mense vir verkragting, 75 vir aanranding met die doel om ernstige liggaamlike leed te veroorsaak, 30 vir dwelmhandel en 10 vir die onwettige besit van vuurwapens.
Die polisie het ook ses handwapens, twee gewere, dwelms, drank en gevaarlike wapens tydens die operasie in beslag geneem.








Comments