SANParke sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin sluit weens ’n beplande optog

1 hour ago
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) sal môre die Malelane-hek van die Krugerwildtuin tydelik sluit weens ’n beplande optog deur werklose jongmense van die Nkomazi-gebied.
Die organiseerders sê die protesaksie sal kwessies aanroer wat werklose jongmense in die gebied raak.
Die hek sal vanaf agtuur die oggend gesluit wees en weer oopmaak sodra die betogers vertrek het en dit veilig is om bedrywighede te hervat.
Besoekers, personeel en verskaffers word aangeraai om alternatiewe hekke tydens die protesaksie te gebruik.
SANParke sê hy sal inligting verskaf oor enige veranderinge aan die situasie of indien die hek vroeër heropen word.








Comments