Amerika wil die aantal vlugtelinge beperk

Die Trump-administrasie in die Verenigde State beplan om die aantal vlugtelinge wat die land in die volgende jaar sal toelaat, tot 17 500 te beperk.
Volgens ’n kennisgewing wat aan die Amerikaanse Kongres gestuur is, sal die meerderheid van dié plekke na verwagting aan Suid-Afrikaanse Afrikaners toegeken word.
Polity berig die Amerikaanse regering sê Afrikaners staar vervolging en die beslaglegging van grond in Suid-Afrika in die gesig. Die Suid-Afrikaanse regering verwerp dié bewerings en sê Afrikaners word nie as ’n vervolgde minderheid behandel nie.
Die voorgestelde kwota geld vir die Amerikaanse 2027-boekjaar, wat in Oktober begin. Die hervestiging van die vlugtelinge sal na raming sowat $ 500 miljoen kos.









Comments