top of page

Argentinië se president gaan glo ook nie die G20 bywoon nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 12, 2025
  • 1 min read

Die president van Argentinië, Javier Milei, het aangedui dat hy glo ook besluit het om die G20-leiersberaad later hierdie maand in Johannesburg te boikot.


Volgens ʼn Argentynse nuuswebwerf is dit om te bewys dat Argentinië se optrede ooreenstem met die beleid van die VSA.


President Donald Trump het vroeër die maand gesê dat nie hy of enige Amerikaanse amptenaar die geleentheid in Suid-Afrika sal bywoon nie.


Die stap is nog nie deur die Suid-Afrikaanse regering bevestig nie en daar word verwag dat die Departement van Internasionale Betrekkinge binnekort kommentaar hierop sal lewer.


Dit is nie duidelik of ander amptenare van Argentinië wel die beraad sal bywoon nie.


Donald Trump en Javier Milei. FOTO: Buenos Aires Times
Donald Trump en Javier Milei. FOTO: Buenos Aires Times


 
 
 

Comments


bottom of page