top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Armdruk is nie net vir sports nie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Aug 9
1 min read

Armdruk word gewoonlik net gedoen om bietjie spiere te bult tussen vriende. Maar buiten om op 'n tong-in-die-kies-manier 'n geskil op te los, is dié sport eintlik baie populêr.


Die lede van die Vrystaatse armdrukspan het goed presteer tydens die naweek se nasionale kampioenskap in Mpumalanga. Die kampioenskap is deur die South Africa Armwrestling Federation aangebied en het deelnemers van regoor die land gelok. Armdrukkers het in verskeie ouderdoms-, gewigs- en geslagskategorieë meegeding, met deelnemers wat in beide die linker- en regterarm-afdelings om nasionale eerbewyse meegeding het.


'n Lid van die span, Owen Ferreira, vertel aan Rosestad-nuus hy het begin armdruk nadat hy uitgevind het sy oupa het dit ook gedoen.


LUISTER HIER:


Owen Ferreira

Alex Struwig (regs) van die Vrystaatse armdrukspan. FOTO: Verskaf
Alex Struwig (regs) van die Vrystaatse armdrukspan. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page