top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Banke reageer verskillend oor kitsbanke

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Sommige banke beweeg stadig weg van kitsbanke in Suid-Afrika, terwyl ander die geleentheid aangryp om hulself verder in die kontantmark te vestig.


Van Suid-Afrika se groot vyf tradisionele banke met uitgebreide kitsbanknetwerke het Nedbank, Absa en FNB hul netwerk sedert 2023 verklein. Standard Bank en Capitec het egter teen die tendens ingegaan en hul netwerke uitgebrei.


Die wegbeweeg van kitsbanke is deel van ’n breër verskuiwing na aanlynbankdienste, wat ’n aansienlik laer risiko vir banke inhou.


Ondanks dié verskuiwing word kontant steeds vir ongeveer twee-derdes van transaksies in Suid-Afrika gebruik. Business Tech berig die Reserwebank sê toegang tot kontant is ’n fundamentele deel van die Suid-Afrikaanse ekonomie en moet beskerm word.


Kontant-in-transito-voertuie het egter ’n teiken vir rowers in Suid-Afrika geword, met 31 rooftogte wat in die eerste drie maande van 2026 in die land plaasgevind het.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page