Banksy se groeiende skoonmaakrekening laat die debat oor kuns of vandalisme weer opvlam
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5 days ago
- 1 min read
Die vurige debat oor of die straatkunstenaar Banksy se werk eintlik openbare kuns of bloot vandalisme is, het weer in Brittanje opgevlam.
Dit volg nadat nuwe syfers wys dat slegs drie van sy kunswerke die Britse belastingbetalers reeds sowat R3.7 miljoen aan skoonmaakwerk en sekuriteit gekos het.
Volgens BBC News is die grootste enkele uitgawe gekoppel aan 'n muurskildery by die Hooggeregshof, waar die koste om dit te probeer verwyder en sekuriteit reeds meer as R2.1 miljoen beloop.
Kenners voorspel dat hierdie rekening in die toekoms nog verder gaan styg.








Comments