Bea se fietsreis vorder flink
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 26
- 1 min read
’n Jong Bloemfonteiner trap tans fiets van Bloemfontein tot in Kaapstad om geld vir kinders in nood in te samel.
Bloemnuus berig die 22-jarige biokinetikus, Bea Labuschagne, het Sondag die pad gevat met haar projek Cycling with Christ.
Sy samel geld in om leerders met ekstra klasse en sportuitgawes te help.
Langs haar roete besoek sy skole waar sy haar eie ervaring deel van hoe ander haar tydens moeilike tye ondersteun het.
Sy sê dit is nou haar beurt om terug te gee.
Ten spyte van wind en reën het sy reeds byna 300 kilometer voltooi.
Volgens Labuschagne wil sy help om geleenthede moontlik te maak wat vir ‘n kind onmoontlik lyk.
As alles goed gaan, ry sy op 7 Maart van die Paarl tot in Kaapstad.







Comments