Bedrywighede gaan voort by Loch Logan
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Updated: Feb 18
Die Loch Logan Waterfront in Bloemfontein bly ten volle operasioneel ondanks die staking van sy kragtoevoer deur Centlec.
Die winkelsentrum het in ‘n mediaverklaring bevestig dat Centlec die elektrisiteit ná ’n onlangse hofverrigting, wat verband hou met beweerde wanbetaling, gestaak het.
Krag word tans deur kragopwekkers voorsien en volgens bestuur handel 99% van winkels normaal voort, sonder ontwrigting vir huurders of kliënte.
Die sentrum sê daar is ’n lopende regsgeskil tussen die partye wat nog nie deur ’n hof aangehoor is nie en dat geen hofbevel toegestaan is nie.
Die eienaars hanteer die saak deur die toepaslike regsprosesse en wag op verdere terugvoer.







Comments